Hierdie is die feitlik onmoontlikste verslag om te bou. Die verkiesing wat oor minder as ‘n week plaasvind word algemeen beskou as die belangrikste een in baie jare.
Die feite van die saak en die feite wat vir ons baie belangrik is is die werklik verbasende opbrengste wat ons beleggings in hierdie bitter moeilike tyd gedoen het.
Die goeie nuus is dat daar meer as 65% van ons beleggingsgeld aan die buitelandse groei blootgestel is. Saam met ‘n wisselkoers wat bygedra het het ons beleggings goed gedoen.
Die opbrengs op ons Gebalanseerde Fondse het heelwat beter as bankbeleggings gedoen.
Wat baie duidelik geraak het die afgelope tyd is dat die portefeulje bestuurders dwarsdeur al die “noise” en slegte nuus en selfs verkiesings beloftes kyk voor hulle beleggings skuiwe maak.
Die les van die verhaal is steeds: Bly in die markte!
Vasby ten geniet die volgende fase in ons land.